Oorsig Inhoud Uittreksels Bestelling   Kontak  
 

Uittreksels uit die laaste hoofstuk
Bladsy 379

. . . . . . Waarom die Suid-Afrikaanse bevolking so skielik die beginsels van demokrasie begryp het, nadat almal so lank probeer het om dit vir hulle aan die verstand te bring, is duister. Feit is, dat dit op 'n dag soos 'n blom oopgegaan het, en toe wil almal dit hÍ! Die beginsels van demokrasie soos toegepas in Suid-Afrika, word min of meer so verstaan: As 'n vreemde boer 'n trop beeste tot voor jou plaas se hek jaag, en sy beeste is meer as joune, dan behoort jou plaas aan hom. Ons land se jongmense begin self dink, en verstaan dit weer op 'n ander manier. Hulle verstaan demokrasie soos ons eerste stamvaders wat die land ingekom het. Hulle verstaan dat almal in die land nou Vryburgers is. Vryburgers kan vir hulleself boer, en nie vir die Kompanjie nie. Vryburgers kan hulle rug op die Kaap draai, hulle osse voor die wa span en trek waarheen hulle wil, want daar is niemand wat vir hulle verantwoordelikheid neem nie; hulle moet self sien en kom klaar. Soos die eerste Vryburgers, voel hulle niks meer vir volk en vaderland nie, hulle is vry soos voŽls. Hulle wag net vir die regte winde om te waai en dan sprei hulle hul vlerke en vlieg weg na Engeland of Dubai, na AustraliŽ of Amerika. . . . . . .