Oorsig Inhoud Uittreksels Bestelling   Kontak  
 

Uittreksel uit 'n geslagregister

(d1) JOHANNES ANDRIES HOLTZHAUSEN

Gedoop: 23 Julie 1785 op Swellendam.
Oorlede: Datum onbekend, sy familie trek saam met die Voortrekkers in 1836.
Getroud: Swellendam, 24 Januarie 1809 met Sara Johanna Bronkhorst (b6c1d3) gebore op 1 April 1793, oorlede 1880; dogter van Rudolph Johannes Bronkhorst en Hester Janse van Vuuren van Graaff-Reinet.
Sara Johanna Bronkhorst se broer, J.G.S. Bronkhorst (Gert) (b6c1d5), was die bekende Voortrekker vir wie 'n gedenksteen by die Voortrekkergrafte op Ohrigstad opgerig is.
Kinders: (6)
e1 Louis Lourens, gebore 25.2.1813, Graaff-Reinet. Trou op 22.9.1839 in die Potgieter-laer in Potchefstroom met Anna Catherina van der Merwe. Woon later in Ohrigstad.
e2 Hester Geertruida, gebore 3.3.1815, Graaff-Reinet. Trou 10.12.1837 op Colesberg met Jacobus Johannes Cloete; Voortrekkers na Transvaal.
e3 RUDOLPH JOHANNES, gebore 3.12.1816; VOLGENDE VOORVADER.
e4 Aletta Elizabeth, gebore 16.2.1819, distrik Beaufort. Trou met Johannes Isaak Minnaar. Voortrekkers in Potchefstroom, daarna na Ohrigstad.
e5 Sara Johanna, gebore 1.7.1821, distrik Beaufort. Trou met Pieter Johannes Coetzee.
e6 Johannes Andries, gebore 19.7.1825, distrik Beaufort.