![]() |
| Oorsig | Inhoud | Uittreksels | Bestelling | Kontak | |||
UittrekselsHoekom is daar vandag so baie Afrikaners versprei oor die hele wêreld? Is trek dalk deel van ons genetika? 'n Boek vol lekkerlees verhale en oneindig baie interessante feite.'n Boek, geskryf met gevoel, en wat standpunt inneem. Klik hier vir 'n uittreksel uit die voorwoord In hierdie boek begin die geskiedenis nie eers by die volksplanting in
die Kaap nie maar reeds baie vroeër en verduidelik waar sommige van
vandag se gebruike hulle ontstaan het. Die volgende hoofstukke vertel die verhaal van Suidafrika, dit is verhale
van lank gelede maar dis verhale wat lewe! Deurgaans kom die persoonlike
ervaringe en emosies van die hoofkarakters uit die vier families na vore.
Die verhaal van die Anglo-Boereoorlog, die lyding van vroue en kinders
en ware verhale uit hierdie tydperk word vertel soos net 'n vrou dit kan
aanvoel.
En hoe gaan dit nou in die nuwe Suidafrika, het ons klaar getrek?
Die boek bevat baie kaarte en fotos en volledige genealogiese inligting
oor die stamlyne van die vier families Pretorius, Kruger, Riekert en Holtzhausen. |
![]() |